Kolossense 3:13-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Verdra mekaar en as enigeen ’n klag­te teen iemand anders het, vergewe me­kaar. Vergewe me­kaar soos die Here julle ver­gewe het.

14. Die heel belangrikste wat jul­le moet aan­trek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam.

15. Verder, laat die vre­­de wat Christus bewerk het, in jul­le le­wens die deurslag gee; want as le­de van een lig­gaam is julle tot vrede ge­roep. En wees dank­baar.

16. Laat die rykdom van alles wat Chris­tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys­heid moet julle mekaar on­derrig en me­kaar die regte pad wys. Sing met dank­ba­re harte psalms, lofgesange en geesteli­ke liedere tot eer van God.

17. Verder, doen al­les – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.

18. Vroue, wees aan julle mans onderda­nig soos dit pas by mense wat met Chris­tus één is.

19. Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teen­oor hulle opbou nie.

20. Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers ge­hoorsaam wees, want dan is die Here tevrede.

21. Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie.

22. Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Jul­le moenie mense pro­beer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart om­dat julle eer­bied vir die Here het.

23. Pak alles gemoti­veerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.

24. Weet dat die Here jul­le met ’n erfdeel sal beloon. Die Eie­naar vir wie julle werk, is Christus!

25. Wie onreg doen, kry hulle onreg terug. God trek nie­mand voor nie.

Kolossense 3