10. Sagmoedige vroue moes hulle eie kinders gaarmaak en hulle eet om te kan oorleef.
11. Maar nou is die Here se woede uitgewoed. Hy het sy ergste woede uitgegiet.Hy het ’n vuur in Jerusalem losgelaat wat dit afgebrand het tot op sy fondamente.
12. Daar was nie ’n koning op aarde of ’n mens in die wêreld wat ooit kon dink dat ’n vyandJerusalem sou binnegaan nie.
13. Tog het dit gebeur omdat haar profete oortree heten haar priesters regverdige mensedoodgemaak het in die stad.
14. Soos blindes het hulle voel-voeldeur die strate geskuifel. Hulle klere was so vol bloed,dat niemand aan hulle wou raak nie.
15. Mense het vir hulle geskreeu:“Loop weg! Julle is onrein! Gee pad! Moenie aan ons raak nie!” Hulle het weggevlug, by heidennasies probeer bly, maar selfs dié nasies wou hulle nie daar toelaat nie.
16. Die Here het hulle verjaag. Hy gee nie om vir hulle nie. Die priesters en leiersword nie meer geëer en gerespekteer nie.
17. Ons het verniet gesit en wag dat ons vennote ons kom help. Ons het na nasies gekykwat ons nie kon red nie.
18. Ons vyand was op ons spoor. Ons einde het gekom. Ons dae was getel. Dit was verby met ons.
19. Ons vyande het ons agtervolg,hulle het op ons neergeswiep,vinniger as arende uit die lug. Toe ons die berge in gevlug het, was hulle warm op ons spoor. In die woestyn het hulle ons reeds voorgelê.
20. Ons koning, die lewe van ons volk,die gesalfde van die Here, is in hulle strikke gevang. Ons het nogal gedink ons is veilig onder sy leidingtussen die ander nasies.
21. Julle Edomiete wat in Us bly, julle moet maar lag en lekkerkry. Julle beurt kom om dronk te wordvan God se woede, en dan kaal uitgetrek te word.
22. Jou straf sal verbygaan, Jerusalem.Jy sal terugkom uit ballingskap.Maar Edom, jou straf het nou eers begin. Dan gaan Hy jou sondes openbaar.