Klaagliedere 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hoe dof het die goud geword! Die fynste goud het sy glans verloor. Die uitgesoekte edelstene lê oor die strate uitgestrooi.

2. Die inwoners van Jerusalemwas hulle gewig in goud werd. Nou word hulle minder geag as potte van klei.

3. Selfs ’n jakkalswyfie laat haar kleintjies drink, maar die vroue van my volk het wreed geword, soos volstruise in die woestyn wat hulle kleintjies ignoreer.

4. Babatjies se monde is droog, maar hulle kry niks om te drink nie. Kindertjies soebat tevergeefsvir iets om te eet, en niemand gee vir hulle iets nie.

5. Die mense wat vroeër die lekkerste kos geëet het, loop nou op straat en bedel vir enigiets om te eet. Dié wat vroeër in paleise gebly het, krap op ashope rond vir iets om te eet.

Klaagliedere 4