Josua 21:37-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Kedemot en Mefaät met hulle weivelde gekry.

38. In Gad se gebied het hulle Ramot in Gilead, waarheen mense kon vlug, Maganajim,

39. Gesbon en Jaser met hulle weivelde gekry.

40. Twaalf plekke is dus vir die oorblywende Merarigroep geloot.

41. In totaal is daar dus 48 dorpe met hulle weivelde in die gebied van die ander Israeliete vir die Leviete geloot.

42. Elkeen van hierdie plekke het weiveld rondom hom gehad.

43. So het die Here vir Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorouers beloof het. Hulle het die land ingeneem en hulle daar gevestig.

44. Die Here het vir hulle vrede met almal rondom hulle gegee, soos Hy plegtig aan hulle voorouers beloof het. Nie een van al hulle vyande was opgewasse teen hulle nie. Die Here het hulle gesag oor al hulle vyande gegee.

45. Nie een van al die goeie dinge wat die Here vir Israel beloof het, het agterweë gebly nie. Elkeen van hulle het gebeur.

Josua 21