Josua 18:12-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Aan die noordekant begin hulle grens by die Jordaan, loop dan teen die skuinste noord van Jerigo verby, gaan weswaarts teen die berge uit en loop deur die woestyn van Bet-Awen.

13. Daarvandaan loop die grens suid van die gebied van Lus (dit is Bet-El) verby, en gaan dan af na Atrot-Addar oor die berg suid van Bet-Goron-Onder.

14. Dan swaai die grens wes al langs die suidelike kant van die heuwel regoor Bet-Goron en loop dood by Kirjat-Baäl (dit is Kirjat-Jearim), ’n stad wat aan Juda behoort. Dit is hulle westelike grens.

15. Die suidelike grens begin buite Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by die Neftoagsfontein.

16. Dit gaan dan af na die voet van die berg regoor die Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Van daar loop die grens onder deur die Hinnomdal oor na die skuinste suid van die Jebusietestad en af na die Rogelfontein toe.

17. Van daar draai dit noordoos en loop na Semesfontein, en deur na Gelilot teenoor die skuinste van Adummim en af tot by die Klip van Bohan (hy was die seun van Ruben).

18. Dit loop dan noord van die skuinste bo die Jordaanvallei af na die Jordaanvallei,

Josua 18