1. Hier volg nou ’n lys van die grond wat die ander stamme in die land Kanaän gekry het. Die priester Eleasar en Josua, die seun van Nun, het saam met die stamhoofde die grond verdeel.
2. Die deel wat elkeen van die nege en ’n half stamme ontvang het, is deur loting bepaal, soos die Here deur Moses beveel het.