37. Hulle het die stad verower en die koning, asook die inwoners van al die dorpies rondom, doodgemaak. Niemand het oorleef nie. Net soos Eglon het Josua Hebron en alles wat daarin was, heeltemal uitgeroei.
38. Daarna het Josua saam met al die Israeliete by hom teruggedraai na Debir om dit aan te val.
39. Hy het die stad, sy koning en al die dorpies rondom verower. Hy het almal wat daar gebly het, doodgemaak. Nie ’n siel daarin het oorleef nie. Hy het met Debir en sy koning gedoen soos hy met Hebron en Libna en sy koning gedoen het.
40. So het Josua die hele gebied ingeneem: die heuwelgebied, die Negevwoestyn, die kusvlakte en die hange tussenin met al hulle konings. Niemand het vrygekom nie. Hy het alles wat leef met die banvloek uitgewis, net soos die Here, die God van Israel, beveel het.
41. Josua het hulle vernietig van Kades-Barnea af tot by Gasa, en die hele gebied van Gosen af tot by Gibeon.
42. Hy het al hierdie gebiede en hulle konings in een enkele veldtog oorwin. Die Here, die God van Israel, het saam met Israel geveg.