32. Die Here het ook Lakis in Israel se hand oorgegee. Hulle het op die tweede dag die stad ingeneem en al wat daarin bly, doodgemaak, net soos hulle met Libna gemaak het.
33. Horam, die koning van Geser, het Lakis gaan help. Josua het hom en sy manskappe egter verslaan. Nie een het vrygekom nie.
34. Van Lakis af is Josua saam met al die Israeliete na Eglon toe. Hy het die stad beleër om daarteen te veg.
35. Op dieselfde dag nog het hulle die stad ingeneem en al wat daarin leef, doodgemaak. Hy het daardie dag die stad uitgewis net soos hy met Lakis gedoen het.
36. Van Eglon af het hulle Hebron gaan aanval.