Johannes 6:49-55 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

49. Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf.

50. Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie.

51. Ek is die brood wat lewe gee, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir altyd lewe. En die brood wat Ek beskikbaar sal stel, is my liggaam. Dit doen Ek ter wille daarvan dat die wêreld kan lewe.”

52. Die Jode het toe heftig onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hierdie man sy liggaam aan ons gee om te eet?”

53. Jesus het toe teenoor hulle reageer: “Ek verseker julle, as julle nie die liggaam van die Seun van die Mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie deel aan die lewe nie.

54. Wie my liggaam eet en my bloed drink, besit die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag opwek.

55. My liggaam is egte voedsel en my bloed is egte drank.

Johannes 6