Johannes 12:37-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Ten spyte van só baie wondertekens wat Jesus voor die mense se oë gedoen het, het hulle volgehou om nie in Hom te glo nie.

38. Sodoende is die boodskap van die profeet Jesaja vervul:“Here, wie het ons boodskap geglo?En aan wie is die magvan die Here bekendgemaak?”

39. Om dié rede kon die mense nie glo nie, soos Jesaja dit verduidelik:

40. “Hy het hulle oë met blindheid getrefen hulle harte hardvogtig gemaak,sodat hulle nie kon sienmet hulle oëof kon verstaan met hulle harteom hulle te bekeeren dat Ek hulle gesond maak nie.”

41. Jesaja het dit gesê omdat hy die heerlikheid van Jesus gesien en oor Hom gepraat het.

42. Nietemin het baie uit die geledere van die leiers in Hom begin glo, maar vanweë die Fariseërs het hulle dit nie in die openbaar bely nie sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie.

43. Hulle het die verering deur mense liewer gehad as die verering deur God.

44. Toe het Jesus uitgeroep: “Iemand wat in My glo, glo nie net in My nie, maar ook in Hom wat My gestuur het.

45. En wie na My kyk, sien ook vir Hom wat My gestuur het.

46. “Ek het as lig na die wêreld toe gekom sodat elkeen wat in My glo, nie langer in die duisternis sou bly nie.

47. As iemand dan ook nog na my woorde luister en dit nie gehoorsaam nie, veroordeel Ek hom nie sommer nie, want Ek het nie gekom om die mensdom te veroordeel nie, maar om die mensdom te verlos.

Johannes 12