Johannes 12:36-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. Terwyl julle nog die lig by julle het, moet julle aanhou glo in die lig sodat julle kinders van die lig kan wees.” Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy vertrek en vir die mense gaan wegkruip.

37. Ten spyte van só baie wondertekens wat Jesus voor die mense se oë gedoen het, het hulle volgehou om nie in Hom te glo nie.

38. Sodoende is die boodskap van die profeet Jesaja vervul:“Here, wie het ons boodskap geglo?En aan wie is die magvan die Here bekendgemaak?”

Johannes 12