Johannes 12:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “Hou op om bang te wees,dogter van Sion!Kyk, jou Koning kom,Hy sit op ’n donkievul.”

16. Jesus se dissipels het hierdie dinge aanvanklik nie verstaan nie, maar toe Hy eers verheerlik was, het hulle onthou dat die dinge wat daar oor Hom geskryf is, juis dié dinge is wat met Hom gebeur het.

17. Die skare wat om Jesus saamgedrom het toe Hy vir Lasarus uit die grotgraf geroep en hom uit die dood opgewek het, het aangehou om daaroor te getuig.

18. Daarom het die skare Jesus tegemoetgegaan omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie wonderteken gedoen het.

19. Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê: “Kyk mooi, julle vorder niks nie, die hele mensdom loop agter hom aan!”

20. Daar was ook ’n klompie Grieke onder dié wat opgetrek het om op die fees te kom aanbid.

21. Dié mense het toe na Filippus, wat vanaf Betsaida in Galilea gekom het, gegaan en vir hom gesê: “Meneer, ons wil graag vir Jesus ontmoet.”

22. Filippus gaan vertel dit toe vir Andreas. Daarop gaan Andreas en Filippus en vertel dit saam vir Jesus.

Johannes 12