Job 24:12-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. “Die gekerm van sterwendes klink op uit die stad, en die gewondes roep om hulp, maar God steur Hom nie aan die skreiende onreg nie.

13. “Kwaaddoeners kom in opstand teen die lig.Hulle wil niks te doen hê met wat in die lig gebeur nie. Hulle loop nie op sy pad nie.

14. Moordenaars staan op voor dagbreek om die arme en behoeftige dood te maak.In die nag is hy ’n dief.

15. Die egbreker wag tot dit skemer is, want hy sê:‘Niemand sal my nou sien nie.’ Hy dra ’n masker sodat niemand hom herken nie.

16. In die nag breek hulle in by huise;in die dag slaap hulle. Hulle wil niks weet van die lig nie.

17. Vir hulle is die donkersoos die oggend.Hulle is bondgenote met die verskrikking van die duisternis.

18. “Maar hulle sal van die aarde verdwyn, so vinnig soos skuim wat deur ’n rivier weggevoer word.Alles wat hulle besit, is vervloeksodat niemand meer in hulle wingerde kom nie.

19. Soos droogte en hitte sneeu laat smelt, so word sondaars deur die dood verteer.

20. Selfs hulle ma’s vergeet van hulle.Hulle is kos vir die wurms.Niemand wil hulle onthou nie.Bose mense breek in stukke soos ’n boom in ’n storm.

21. Hulle het die kinderlose vrouuitgebuit.Hulle weier om weduwees te help.

22. God sleep die sterkes wegdeur sy mag.Al is hulle gevestig,hulle het geen sekerheidin die lewe nie.

Job 24