23. Vir wie dink jy het jy beledig en bespot? Teen wie het jy jou stem verhef? En na wie het jy ewe hoogmoedigneerhalend verwys?Dit was die Heilige van Israel!
24. Deur jou boodskappers het jy met die Here gespot.Jy het gesê: ‘Met my baie strydwaens het ek die hoogste berge oorwin,ja, selfs die hoogste pieke van die Libanon.Ek het sy hoogste seders en sy mooiste sipresse afgekap. Ek het tot in die verste uithoeke en die diepste woude gegaan.
25. Ek het putte gegrawe in talle veraf lande.En ek het my verfris met hulle water.Ek het selfs die riviere van Egipte drooggelê sodat my soldatedaar kon deurtrek!’
26. “Het jy dan nie geluister nie? Dit was Ék, die Here, wat so besluit het, lank gelede al.Lank terug het Ek beplan wat Ek nou laat gebeur:dat jy versterkte stede verwoes en in puinhope verander.
27. Dis hoekom hulle inwoners so magteloos was.Daarom was hulle maklike prooi vir jou.Hulle is so hulpeloos soos die gras, hulle vertrap so maklik soos groen spruite.Hulle is soos gras op ’n huis se dak wat maklik deur die son verskroei word.
28. “Ek ken jou baie goed.Ek weet of jy sitof gaan of kom.Ek weet ook hoe jy teen My tekere gegaan het.
29. Oor jou arrogansie teen My, wat Ek self gehoor het, sit Ek ’n haak deur jou neus.Ek sit ’n stang tussen jou tande.Ek laat jou teruggaan op die pad waarlangs jy gekom het.