14. So sê die koning: Moenie dat koning Hiskia julle om die bos lei nie! Hy sal nooit in staat wees om julle te red nie.
15. Moenie dat Hiskia julle mislei om op die Here te vertrou nie. Hiskia sê: ‘Die Here sal ons red! Hierdie stad sal nooit in die hande van die koning van Assirië beland nie.’
16. “Moenie na Hiskia luister nie! Hier is die voorwaardes wat die koning van Assirië bied: Maak vrede met my. Maak die hekke oop en kom uit. Dan sal ek toelaat dat elkeen van julle van sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink,
17. totdat ek kom om julle na ’n ander land te neem nes julle land. Dit is ’n land met ryk oeste van graan en wyn, volop brood en wingerde, ’n land van oorvloed.