1. Daardie dag sal almal in die land van Juda hierdie lied sing: “Ons stad is nou sterk!Ons is omring deur die mure van God se redding.
2. Maak oop die poorte vir almal wat regverdig is. Laat die getroues binnekom.
3. U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.
4. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug.
5. Hy verneder die trotses,en die arrogante stad gooi Hy in die stof neer.Hy gooi die mure om!