Jesaja 10:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Die Here, die Lig van Israel en die Heilige Een, sal die vuur wees wat hulle vernietig. In een nag sal Hy daardie dorings en dissels verbrand.

18. Assirië se groot leër is soos ’n groot woud en vrugbare landerye, maar dit sal vernietig word. Die Here sal Assirië se soldate volledig verwoes, en hulle sal wegkwyn soos siek mense in ’n plaag.

19. Net ’n paar van die groot leër sal oorleef, so min dat ’n kind hulle sal kan tel!

20. Ten einde laaste sal almal wat oor is in Israel en Juda die Here, die Heilige Een van Israel, vertrou. Hulle sal nie meer staatmaak op Assirië, wat hulle kan vernietig nie.

21. ’n Oorblyfsel van Israel sal terugkom na die magtige God.

22. Selfs al is die volk van Israel so baie soos die sand op die strand, sal slegs ’n klein groepie daardie tyd terugkom. Die Here het besluit om sy volk te vernietig en sy besluit is regverdig.

Jesaja 10