Jeremia 6:14-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Hulle probeer om my mensese wondeop ’n oppervlakkige manier gesond te maak. Hulle maak of daar vrede is, terwyl daar eintlik geen vrede is nie.

15. Is hulle enigsins skaam oor die gruwels wat hulle doen? Nee, hoegenaamd nie! Hulle weet nie eers hoe om te bloos nie! Daarom sal hulle tussen die gesneuweldes lê.Hulle sal verneder wordwanneer Ek hulle straf,” sê die Here.

16. Die Here sê: “Staan by die paaie en kyk.Vra na die ou paaie.Vra na die beste paden volg ditwant julle sal daar ware rus vind.Maar julle het gesê:‘Ons sal nie luister nie.’

17. Ek het mense aangestel om oor julle te waak, en hulle roep: ‘Luister na die trompetgeskal!’ Maar julle sê: ‘Ons sal nie luister nie!’

18. Luister, al die nasies. Kyk wat met my volk gaan gebeur.

19. Let op wat gaan gebeur, aarde!Ek bring rampe oor my volk. Hulle pluk net die vrug van hulle eie planne, want hulle het hulle nie gesteur aan wat Ek sê nie. Hulle het my opdragte verwerp.

20. Daar is geen nut inom vir My wierook uit Skebate brand, of kalmoes uit ’n ver land te bring nie.Julle brandoffers aanvaar Ek nie,julle offers verskaf My geen vreugde nie.”

21. Daarom sê die Here:“Ek bring struikelblokke op die pad van my volk. Pa’s en seuns sal daaroor val. Bure en vriende sal saam omkom.”

22. Die Here sê: “Kyk, ’n leër kom uit die noorde. Dis ’n sterk nasie uit ’n verafgeleë land.

23. Hulle is gewapen met pyl en boog en spiese. Hulle is wreed en toon geen genade nie. As hulle ruiters optrek, klink dit soos die gedruis van die see. Jerusalem, soldate trek op in formasie, gereed om jou te vernietig.”

Jeremia 6