Jeremia 5:22-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Het julle geen respek vir My nie?” vra die Here. “Is julle nie bang vir My nie? Ek is die Een wat die sand as grense vir die see vasgestel het. Die see kan nie hierdie grense oorskry nie. Die branders kan maar bruis, maar sal nie seëvier nie.

23. Maar my volk is hardkoppig en opstandig. Hulle het teen My gedraai en hulle eie koers ingeslaan.

24. Dit kom nooit by julle op nieom te sê: ‘Kom ons aanbid die Hereons God wat vir ons reën geeop die regte tyd. Hy gee die herfsreëns en die lentereënssodat ons goeie oeste het.’

25. Julle boosheid het al dié goeie dinge verhoed.Dit is julle sonde wat julle van voorspoed beroof.

26. “Onder my volk is daar bose mensewat strikke stel soos voëljagters. Hulle stel strikke, maar vir mense.

27. Hulle huise is vol bedrieglike planne, net soos ’n hok vol voëls. Daarom is hulle nou belangrik en ryk.

28. Hulle is vet en blink! Hulle verkeerde dade het geen grense nie.Hulle ontsê reg aan weeskinders en dra nie die belange van die armes op die hart nie.

29. Behoort Ek hulle niehiervoor te straf nie? Behoort Ek nie wraak te neem op ’n nasie soos hierdie nie?” sê die Here.

30. “Iets verskrikliks en skokkends het in hierdie land gebeur:

31. Die profete gee vals profesieë, die priesters regeer met ’n ysterhand. En die ergste van alles is dat my volk tevrede is daarmee! Maar wat sal julle doen as die einde kom?”

Jeremia 5