2. Die tyd kom,” sê die Here, “dat Ek jou sal straf daarvoor en Rabba, die Ammonietestad, sal vernietig. Net ’n hoop bourommel sal oorbly. Die dorpies rondom sal ook afgebrand word. Dan sal Israel weer die land terugneem wat julle van hulle afgevat het,” sê die Here.
3. “Huil droewig, Gesbon, want die stad Ai is verwoes. Kla maar, inwoners van Rabba! Trek julle rouklere aan, huil en loop heen en weertussen die mure. Want julle god Milkom sal in ballingskap gaan,saam met sy priesters en sy amptenare.
4. Wat spog julle so met julle vrugbare valleie, julle ontroue mense? Julle vertrou op julle rykdom. Julle dink niemand kan julle aanval nie!
5. Ek, die oppermagtige Here, die Almagtige, sê:Kyk, Ek bring verskrikking oor julle.Julle bure sal julle uitdryf, en julle sal verstrooi word. Niemand sal die vlugtelinge weer bymekaarbring nie.
6. “Maar as alles eendag verby is, sal Ek Ammon se lot weer verander,”sê die Here.
7. Hierdie boodskap handel oor Edom. Die Here, die Almagtige, sê: “Is daar nie meer mensein Teman wat verstandig is nie? Wat het geword van mense met gesonde verstand? Is daar niemand oormet goeie raad nie?
8. Draai om en vlug weg! Julle wat in Dedan bly, kruip weg in grotte! Want Ek gaan Edommet ’n ramp tref. Die tyd van afrekening het gekom.
9. Los die druiweplukker nie altyd iets in die wingerd nie? As diewe in die nag inbreek, neem hulle ook nie alles saam nie.
10. Maar Ek sal Edom kaal stroop. Niemand sal vir My kan wegkruip nie. Ek sal hulle kinders,familie en bure uitroei. Edom sal ophou bestaan.
11. Los julle weeskinders vir My. Ek sal sorg dat hulle bly lewe. Julle weduwees kan ook op My vertrou.”
12. Die Here sê: “As onskuldige mense swaar moes kry, hoeveel te meer verdien julle dit nie! Julle sal nie ongestraf bly nie, julle sal die beker moet drink!
13. Ek het gesweer – so waar as Ek leef! – dat Bosra ’n plek sal word waarvoor mense sal skrik. Die stad sal in ’n puinhoop verander. Mense sal die plek as ’n vloek beskou en met die stad spot. Al die dorpies in die omgewing sal vir altyd verwoes lê.”