15. Die Here, die Almagtige, die Koning, sê: “Die vernietiger sal Moab en sy dorpe verwoes. Van hulle beste jongmense sal in gevegte sterf.
16. ’n Groot ramp sal Moabbinnekort tref. Die land se ondergang kom vinnig nader.
17. Almal in Moab se omgewing, begin huil oor hierdie land. Julle wat Moab se naam ken, sê: ‘Die septer van mag en die staf van trots is nou gebreek!’
18. “Julle wat in Dibon bly, klim af van julle troontjies en kom sit in die stof. Die vyand wat Moab vernietig, kom ook teen Dibon veg. Hulle het julle vestings klaar verwoes.
19. Inwoners van Aroër, gaan staan langs die pad en kyk wat gebeur.Vra elke man en vrou wat vlug, wat probeer ontkom; vra hulle: ‘Wat het gebeur?’
20. Moab is verneder, hulle is gebroke. Huil en kla!Vertel dit by die Arnonrivier dat hulle Moab verwoes het!
21. Die straf oor die dorpe op die hoogland het aangebreek, oor Golon, Jahas, Mefaät,
22. Dibon, Nebo, Bet-Diblatajim,
23. Kirjatajim, Bet-Gamul,
24. Bet-Meon, Kerijot en Bosra. Hulle sal al Moab se dorpe straf,dié wat naby en dié wat ver is.
25. Moab se mag is vernietig. Sy mag is gebreek,” sê die Here.
26. “Maak Moab dronk, want hulle is arrogant teenoor My, die Here. Laat Moab in hulle braaksel rol sodat ander hulle sal spot.
27. Moab, het jy nie met Israel die spot gedryf nie? Het jy dan nie Israel verag soos iemand wat tussen diewe betrap is nie?
28. Burgers van Moab, vlug uit julle dorpe! Gaan woon in rotsskeure soos duiwe wat hulle neste maakin die grotte.