Jeremia 43:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe Jeremia klaar die hele boodskap van die Here hulle God aan al die mense gegee het,

2. het Asarja die seun van Hosaja en Joganan seun van Kareag en al die arrogante mans by hulle vir Jeremia gesê: “Jy lieg! Die Here ons God het jou nie gestuur om vir ons te sê ons mag nie in Egipte gaan woon nie!

3. Dit is Baruk seun van Nerija wat jou teen ons opgesteek het sodat ons in die mag van die Babiloniërs kan beland. Hulle sal ons doodmaak of in ballingskap na Babel toe neem.”

4. Joganan en al die weermagoffisiere en ook die gewone mense wou nie die Here se opdrag gehoorsaam om in Juda te bly nie.

5. Joganan en die offisiere het toe al die mense van Juda wat oorgebly het nadat hulle teruggekeer het uit die lande waarheen hulle gevlug het, saam met hulle geneem.

Jeremia 43