7. ’n Leeu het opgestaan uit sy lêplek. Die verwoester is op pad.Julle dorpe sal verwoes lê, sonder enige inwoners.
8. Trek julle rouklere aan en weeklaag,want die woede van die Hereis teen ons gerig.
9. Die Here sê: “In dié tyd sal die moed van die koning en sy amptenare hulle begewe. Die priesters sal verslae wees en die profete sal verstom staan.”
10. Toe het ek gesê: “Oppermagtige Here, U het die volk en Jerusalem mislei deur te sê: ‘Hulle sal vrede hê.’ En nou is hulle lewens in gevaar!”
11. Die tyd kom dat Hy vir hierdie volk en die mense van Jerusalem sal sê: “’n Skroeiende wind waai uit die woestynheuwels na my volk toe, maar dis nie om kaf weg te waai nie.
12. Nee, Ek stuur ’n wind met sy volle krag. Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.”
13. Ons vyand kom aan soos ’n groot onweerswolk. Die oorlogwaens kom aangejaagsoos ’n orkaan. Hulle perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons gaan verwoes word!
14. Jerusalem, was julle harte sodat julle gered kan word. Hoe lank wil julle nog verkeerde gedagtes koester?
15. Uit Dan en die heuwels van Efraim word jou vernietiging aangekondig.
16. “Waarsku die nasies in die omgewing, laat Jerusalem dit hoor: ‘Die vyand uit ’n ver land is op pad. Hulle skreeu oorlogskrete teen die dorpe van Juda.