11. Die tyd kom dat Hy vir hierdie volk en die mense van Jerusalem sal sê: “’n Skroeiende wind waai uit die woestynheuwels na my volk toe, maar dis nie om kaf weg te waai nie.
12. Nee, Ek stuur ’n wind met sy volle krag. Ek gaan nou die oordeel oor hulle uitspreek.”
13. Ons vyand kom aan soos ’n groot onweerswolk. Die oorlogwaens kom aangejaagsoos ’n orkaan. Hulle perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons gaan verwoes word!
14. Jerusalem, was julle harte sodat julle gered kan word. Hoe lank wil julle nog verkeerde gedagtes koester?
15. Uit Dan en die heuwels van Efraim word jou vernietiging aangekondig.
16. “Waarsku die nasies in die omgewing, laat Jerusalem dit hoor: ‘Die vyand uit ’n ver land is op pad. Hulle skreeu oorlogskrete teen die dorpe van Juda.
17. Hulle omsingel Jerusalem net soos wagtewat ’n graanland oppas. Want my volk het teen My in opstand gekom,’” sê die Here.