Jeremia 37:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Later het koning Sedekia Jeremia in die geheim na sy paleis laat kom. Die koning wou van hom weet: “Het jy enige boodskappe van die Here vir my?”Jeremia het hom geantwoord: “Ja, ek het! U sal in die mag van die koning van Babel beland.”

18. Toe vra Jeremia vir koning Sedekia: “Wat het ek verkeerd gedoen? Wat het ek aan u, u amptenare of aan die mense gedoen dat julle my in die tronk gegooi het?

19. Waar is julle profete nou wat geprofeteer het dat die koning van Babel nie teen julle of hierdie land sal optrek nie?

20. Meneer, ek smeek u: Luister asseblief na my nederige versoek! Moet my asseblief nie na Jonatan se huis terugstuur nie. Ek sal daar doodgaan.”

21. Koning Sedekia het opdrag gegee dat hulle Jeremia na die gedeelte van die paleis moes neem waar die wagte bly. Hulle moes ook elke dag vir Jeremia ’n brood gee wat van die bakkery af kom solank daar nog brood in die stad te kry was. So het Jeremia dan in die wagte se kwartiere gebly.

Jeremia 37