Jeremia 30:15-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Waarom skreeu julle so omdat julle seerkry? Niks kan julle pynlaat verdwyn nie. Ek straf julle omdat julle so baie oortree en soveel sonde gedoen het.

16. “Maar eendag sal hulle wat julle verslind,self vernietig word. Al julle vyande sal self in gevangenskap gaan. Mense wat julle besteel, sal besteel word. Wie waag om julle aan te val, sal self aangeval word.

17. Ek sal julle gesond maaken julle wonde genees,”sê die Here,“omdat julle ’n verstoteling genoem word:Sion, vir wie niemand omgee nie.”

18. Maar die Here sê: “Wanneer Ek julle terugbringuit ballingskap en julle lot verander,sal Jerusalem herbou wordwaar nou net bouvalle is. Die paleis sal ook weer soos voorheen lyk.

19. Die mense sal weer vrolik wees en liedere sing omdat hulle dankbaar is. En Ek sal hulle laat vermeerder.Hulle sal ’n groot volk wees, en ander sal hulle respekteer.

20. Dit sal met hulle kinders goed gaan, soos vroeër. Ek sal hulle weer as ’n volk voor My vestig. As iemand sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf.

21. Een van hulle eie mense sal hulle leier wees, nie ’n vreemdeling nie. Ek sal hom nooi om voor My te kom,want wie kan kom as Ek hom nie genooi het nie?”vra die Here.

22. “Julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.”

23. Maar neem kennis: die Here se woede is soos ’n storm wat losbars. Dit is soos ’n orkaan wat die slegte mense tref.

24. Die Here se verskriklike woedesal nie bedaar nie totdat Hy bereik wat Hy beplan het. Wanneer die tyd aanbreek, sal julle dit verstaan.

Jeremia 30