Jeremia 22:11-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Eers was Josia koning van Juda. Sy seun Joahas het hom opgevolg, maar hulle het hom hiervandaan weggevoer. Die Here sê: “Hy sal nooit weer hierheen terugkom nie.

12. Hy sal sterf in die land waar hy ’n gevangene is. Hy sal sy geboorteland nooit weer sien nie.”

13. “Ellende wag vir Jojakim, wat sy paleis met onreg bou,en sy bovertrekke met kullery. Hy laat mense verniet werk,hy betaal hulle nie.

14. Hy sê: ‘Ek sal vir my ’n spogpaleis boumet groot kamers en baie vensters, panele van sederhout,en die huis rooi verf.’

15. Maak dit van jou ’n koning omdat jy baie sederhout het? Jou pa het niks geskort nie,want hy was altyd eerlik en regverdig. Daarom het dit goed gegaan met hom.

16. Hy het gesorg vir arm en behoeftige mense,dat hulle regverdige behandeling kry. Daarom het dit met homgoed gegaan.Is dit nie wat dit beteken om My te ken nie?”vra die Here.

17. “Maar nie jy nie! Jy wou net altyd kykwat jy op ’n oneerlike manierin die hande kan kry!Jy het onskuldige mense vermoor of met geweld onderdruk.”

18. Daarom sê die Here oor koning Josia se seun Jojakim, koning van Juda: “Sy familie sal nie oor hom huil wanneer hy doodgaan nie.En sy onderdane sal nie eers omgeedat hy dood is nie.

19. Hulle sal hom begrawe soos ’n donkie. Hulle sal sy lyk by Jerusalem se hekke uitsleep en dit buite die stad los!”

Jeremia 22