Jeremia 2:2-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Gaan na Jerusalem toe enskreeu dit uit sodat almal kan hoor: So sê die Here: Ek onthou nog die toewyding van jou jeug, toe julle soos ’n jong bruid waswat My liefgehad het.Julle was toe bereid om My deur die dorre woestyn te volg, deur ’n dorre woestyn.

3. In daardie tyd het Israel net aanMy behoort.Hy was vir My die belangrikste van my kinders.Almal wat my volk te na gekom het, was skuldig. Rampe het oor hulle gekom, sê die Here.”

4. Luister na die boodskap van die Here,huis van Jakob,luister, al die families van Israel!

5. Die Here vra:“Wat het Ek verkeerd gedoen dat julle voorouers so ver weggedwaal hetvan My af? Hulle het afgode gedienwat nikswerd is.Deur dit te doen, het hulle self waardeloos geword.

6. Hulle het nie eers gedink om te vra nie:‘Waar is die Herewat ons veilig uit Egipte gebring heten ons deur die woestyn gelei het?Die land was droog en vol slote,dor met donker skaduwees.Niemand trek daardeur nie.Geen mense woon daar nie.’

7. Ek het julle gebring na ’n vrugbare land sodat julle die vrugte en die goeie dinge van die land moes geniet. Maar toe julle in my land kom, het julle dit besoedel. Julle het wat Ek vir julle laat erf het, veragtelik gemaak.

8. Die priesters vra nie: ‘Waar is die Here?’ nie.Die regsgeleerdes het nie eers twee keer aan My gedink nie. Die leiers van die land was in opstand teen My.En die profete het namens Baäl geprofeteer.So mors hulle hulle tyd op niks.

9. Om dié rede,” sê die Here, “maak Ek ’n saak teen julle. Ek sal ook julle kinders en hulle kinders in die toekoms aankla.

10. Gaan wes tot by Siprus, en oos tot by Kedar. Kyk mooi wat daar aangaan. Het so iets al ooit gebeur?

11. Het ’n volk ooit hulle gode vir ander gode verruilal is hulle nie regtig gode nie? Tog het my mense My verruil vir gode wat niks werd is nie!

12. Wees geskok, o hemele! Krimp ineen van afgryse,” sê die Here.

13. “My volk het twee bose dinge gedoen: Hulle het My verlaat,die fontein wat lewe gee. En hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.”

14. “Is Israel ’n slaaf? Hulle is mos nie gebore as slawe nie!Hoekom is hulle nou soos ’n prooi?

15. Leeus het hard en dreigend teen Israel gebrul. Hulle het die land verwoes, die dorpe is nou puinhope. Niemand bly meer daar nie.

16. Die mense uit Egipte,Memfis en Tagpanges het Israel se mag verbreek en hulle verneder.

Jeremia 2