Jeremia 11:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Omdat hulle so optree,” sê die Here, “sal Ek hulle tref met ’n ramp wat hulle nie sal vryspring nie. Al smeek hulle My om hulp, sal Ek nie na hulle luister nie.

12. Dan sal die mense van die dorpe van Juda en van Jerusalem na hulle afgode roep om hulp. Hulle sal selfs vir hulle wierook brand. Maar as die ramp hulle tref, sal die afgode hulle nie kan red nie.

13. “Juda, julle het net soveel afgode as wat julle dorpe het. Julle het ook op baie plekke altare opgerig om wierook vir Baäl te offer, amper soveel plekke as wat daar strate in Jerusalem is. Wat ’n skande!

14. “Jeremia, jy moenie meer vir hierdie mense bid nie. Dit sal nie help dat jy huil en by My pleit vir hulle nie, want Ek sal nie luister as hulle in die moeilikheid is en na My roep om hulp nie.

Jeremia 11