Hebreërs 8:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Maar nou het Jesus Christus ’n bediening verkry wat net soveel uitnemender is as wat Hy Middelaar is van ’n voortrefliker verbond, ’n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus.

7. As die eerste verbond perfek gewerk het, sou daar geen behoefte aan ’n tweede een gewees het nie.

8. God kritiseer die volk hieroor wanneer Hy verklaar:“Daar kom ’n tyd, sê die Here,dat Ek met Israel en Juda’n nuwe verbond sal sluit.

9. Dit sal anders wees as die eenwat Ek met hulle voorouersgesluit hettoe Ek hulle aan die hand gevaten uitgelei het uit Egipte.Hulle het nie aan my verbondgetrou gebly nie;en Ek het my rug op hulle gedraai.

10. Dít is nou die verbond wat Ek hierna met die volk Israel gaan sluit, verklaar die Here:Ek sal my opdragte inskryfin hulle verstanden Ek sal dit in hulle harte graveer.Ek sal hulle God weesen hulle sal mý volk wees.

11. En hulle sal nie nodig hê om elkeen sy medeburgerte onderrig en vir sy broer te sê:‘Jy moet die Here leer ken’ nie.Want elkeen van hulle, van die kleinste tot die grootste,sal My ken.

12. Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighedeen Ek sal nooit weeraan hulle sondes dink nie.”

13. Deur van ’n nuwe verbond te praat het God die vorige een as uitgedien verklaar. En wat uitgedien is en steeds nog verder verouder, staan gereed om heeltemal afgeskaf te word.

Hebreërs 8