Handelinge 9:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Intussen het Saulus met elke asemteug dreigemente uitgespreek. Hy wou die volgelinge van die Here doodmaak, en het daarom na die hoofpriester toe gegaan.

2. Hy het briewe van hom aan die sinagoges in Damaskus gevra waarin hulle versoek word om hom te help om dié wat aan “Die Pad” behoort, mans én vroue, op te spoor, en hulle geboei na Jerusalem toe te bring.

3. Toe hy op sy sending naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel hom omstraal!

4. Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

Handelinge 9