Handelinge 18:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Toe Apollos na Agaje toe wou gaan, het die gelowiges hom aangemoedig. Hulle het vir die gelowiges in Agaje geskryf dat hulle hom moet ontvang. Daar aangekom, het hy baie beteken vir dié wat deur die genade van God gelowig geword het,

28. want hy het die Jode in die openbaar kragtig weerlê en met die Skrif bewys dat Jesus die Messias is.

Handelinge 18