13. Paulus en sy reisgenote het van Pafos af weggevaar en by Perge in Pamfilië vasgemeer. Daar het Johannes hulle verlaat en teruggegaan Jerusalem toe.
14. Barnabas en Paulus het egter die reis van Perge af voortgesit en in Antiogië in Pisidië aangekom.Op die Sabbatdag het hulle die sinagoge binnegegaan en gaan sit.
15. Ná die gebruiklike voorlesing uit die wet en die profete het die raadslede van die sinagoge hulle laat weet: “Broers, as julle vir ons ’n woord van bemoediging het, kom praat!”
16. Paulus het opgestaan en met ’n handbeweging aandag gevra en gesê: “Geagte Israeliete en julle ander wat vir die ware God ontsag het, luister.