1. Kort hierna hoor Josef dat sy pa vinnig agteruitgaan. Hy het hom besoek en sy twee seuns, Manasse en Efraim, saamgeneem.
2. Toe Jakob hoor dat Josef daar aangekom het, gebruik hy al sy kragte om regop in die bed te sit.
3. Jakob sê vir Josef: “God die Allerhoogste het in Lus in die land Kanaän aan my verskyn en my geseën.
4. Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag tot baie nasies maak. Hierdie land Kanaän gee Ek vir jou en jou nageslag as eiendom vir altyd.’