19. Dit is al die stamhoofde wat van Esau, ook bekend as Edom, afgestam het.
20. Seïr die Goriet was die eerste inwoner van die land Seïr. Sy seuns was Lotan, Sobal, Sidon, Ana,
21. Dison, Eser en Disan. Hulle was almal stamhoofde van die Goriete, die nageslag van Seïr in die land Edom.
22. Lotan se seuns was: Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.
23. Sobal se seuns was: Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.
24. Sibon se seuns was: Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmbronne in die woestyn ontdek het terwyl hy sy pa se donkies opgepas het.
25. Ana se seun was Dison en sy dogter was Oholibama.
26. Dison se seuns was: Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27. Eser se seuns was: Bilhan, Saäwan en Akan.
28. Disan se seuns was: Us en Aran.
29. Die stamhoofde van die Goriete was: Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
30. Dison, Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Goriete volgens die stamme in die land Seïr.
31. Voor daar nog enige konings in Israel was, het die volgende konings in Edom regeer:
32. Bela, seun van Beor, wat uit sy stad Dinhaba geheers het.
33. Toe Bela sterf, het Jobab, seun van Sera, uit Bosra koning geword.
34. Toe Jobab sterf, het Gusam uit die land van die Temaniete koning geword.
35. Toe Gusam sterf, het Hadad, seun van Bedad, koning geword en vanuit die stad Awit regeer. Hy het die leër van die Midianiete in die land van Moab verslaan.
36. Toe Hadad sterf, het Samla uit die stad Masreka koning geword.
37. Toe Samla sterf, het Saul uit die stad Rehobot-aan-die-Rivier koning geword.
38. Toe Saul sterf, het Baäl-Ganan, seun van Akbor, koning geword.