15. Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou weer terugbring na hierdie land toe. Ek sal jou nie verlaat nie, maar doen wat Ek beloof het.”
16. Toe Jakob wakker word, sê hy: “Sowaar! Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie eers geweet nie!”
17. Hy was egter ook bang en het gesê: “Hoe vreesaanjaend is hierdie plek! Dis niks anders nie as die woning van God, die poort na die hemel!”
18. Die volgende oggend staan hy vroeg op. Hy neem die klip by sy kop en sit dit regop as ’n gedenkteken. Daarna gooi hy olie daarop uit.
19. Hy noem die plek toe Bet-El, “huis van God”. Die dorp daar naby was voorheen bekend as Lus.
20. Toe lê Jakob ’n eed af en sê: “As U, o God, by my sal wees, my op hierdie reis sal beskerm en vir my kos en klere gee
21. sodat ek weer veilig terugkom by my ouerhuis, dan sal U, Here, my God wees.
22. Hierdie gedenkteken sal ’n plek wees waar God aanbid word. Van alles wat U vir my gee, sal ek vir U ’n tiende afstaan.”