56. Maar hy sê: “Moet my nie ophou nie. Die Here het my reis suksesvol gemaak. Laat my toe om na my meester terug te gaan.”
57. “Kom ons vra liewer wat Rebekka self dink,” sê hulle.
58. Hulle roep haar toe en vra: “Is jy gewillig om saam met hierdie man te gaan?”“Ja, ek wil gaan,” antwoord sy.
59. Hulle het Rebekka gegroet en haar saam met Abraham se slaaf en sy reisgenote laat gaan. Die vrou wat haar van kleins af opgepas het, het ook saam met haar gegaan.
60. Hulle het haar geseën met die volgende seën:“Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word;mag jou afstammelingedie stede van hulle vyande oorwin.”
61. Toe het Rebekka en haar slavinne op die kamele geklim en saam met Abraham se slaaf vertrek.
62. Intussen het Isak teruggekeer huis toe van Lagai-Roï-fontein. Sy huis was in die Negev.
63. Teen laatnamiddag het Isak in die veld gaan stap. Hy kyk op en sien ’n klomp kamele aankom.
64. Rebekka kyk ook op, sien hom en klim van die kameel af.
65. “Wie is daardie man wat deur die veld na ons toe aankom?” vra sy vir die slaaf.Toe hy sê: “Dit is my meester,” bedek sy haar gesig met haar sluier.
66. Die slaaf het Isak alles vertel wat met hom gebeur het.
67. Daarna het Isak Rebekka na sy ma se tent gebring en sy het sy vrou geword. Hy was baie lief vir haar en sy was vir hom ’n groot troos ná die dood van sy ma.