Genesis 18:31-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

31. Abraham het weer gevra: “Terwyl ek dit gewaag het om met U te praat, Here, laat my tog voortgaan. Wat as daar net twintig onskuldiges is?”Die Here sê vir hom: “Ek sal dit nie verwoes as daar twintig is nie.”

32. Uiteindelik sê Abraham: “Here, moet tog nie kwaad word nie. Ek sal net nog hierdie een keer praat. Sê nou daar is net tien?”En die Here sê: “Ter wille van tien mense sal Ek dit nie verwoes nie.”

33. Daarna het die Here sy gesprek met Abraham beëindig en weggegaan. Abraham het na sy tent toe teruggegaan.

Genesis 18