Genesis 18:27-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Abraham het toe weer gepraat: “Aangesien ek gewaag het om met die Here te praat, al is ek maar net stof en as, laat my toe om weer te praat.

28. Sê nou daar is 45? Sal U die stad verwoes net omdat daar vyf minder is?”Die Here antwoord hom: “As Ek 45 kry, sal Ek dit nie verwoes nie.”

29. Abraham het verder aangedring: “Veronderstel daar is net 40?”Die Here antwoord: “Ek sal dit ter wille van 40 nie verwoes nie.”

30. “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie, Here,” het Abraham gepleit. “Laat my toe om te praat. Wat daarvan as daar net 30 is?”Die Here sê: “As Ek 30 daar vind, sal Ek dit nie verwoes nie.”

Genesis 18