Genesis 16:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Abram het toe by Hagar gaan slaap en sy het swanger geword. Toe Hagar agterkom dat sy ’n kind verwag, het sy haar meesteres met minagting begin behandel.

5. Toe sê Sarai vir Abram: “Dit is alles jou skuld! Ek het my slavin vir jou gegee om by te slaap. Vandat sy agtergekom het dat sy swanger is, minag sy my. Die Here sal oordeel tussen my en jou!”

6. Abram het haar terug geantwoord: “Aangesien sy jou slavin is, maak met haar soos jy wil.” Sarai het haar toe so sleg behandel dat Hagar weggeloop het.

7. Die engel van die Here het haar by ’n fontein in die woestyn op pad na Sur gekry.

8. Die engel sê vir haar: “Hagar, diensmeisie van Sarai, waar kom jy vandaan? Waarheen gaan jy?”“Ek loop weg van my meesteres,” antwoord sy.

9. Toe sê die engel van die Here vir haar: “Gaan terug na jou meesteres toe en wees aan haar onderdanig.”

Genesis 16