Genesis 11:30-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Sarai was onvrugbaar; sy het geen kinders gehad nie.

31. Tera het sy seun Abram, sy skoondogter Sarai en sy kleinseun Lot (Haran se seun) geneem en uit Ur van die Galdeërs vertrek om na die land Kanaän toe te gaan. Maar hulle het in die dorp Haran oorgebly en hulle daar gevestig.

32. Tera het 205 jaar gelewe en is dood terwyl hulle nog by Haran was.

Genesis 11