17. Eers op 27 Maart van die volgende jaar het hulle met al die gevalle van mans wat met heidense vroue getrou het, klaargemaak.
18. Hier volg die lys van priesters wat met heidense vroue getrou het: Uit die familie van Jesua seun van Josadak en sy ampsgenote, was daar Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja.
19. Hulle het onderneem om van hulle vroue te skei en het ’n ram as versoeningsoffer vir hulle misdaad teen God geoffer.
20. Uit die familie van Immer: Ganani en Sebadja.
21. Uit die familie van Garim: Maäseja, Elia, Semaja, Jegiël en Usija.
22. Uit die familie van Pasgur: Eljoënai, Maäseja, Ismael, Netanel, Josabad en Elasa.
23. Uit die Leviete: Josabad, Simeï, Kelaja, ook Kelita genoem, Petagja, Juda en Eliëser.
24. Uit die sangers: Eljasib. Uit die poortwagte: Sallum, Telem en Uri.
25. Onder die ander Israeliete: Uit die Parosfamilie: Ramja, Jissija, Malkija, Mijamin, Eleasar, Malkija en Benaja.