Esra 10:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Net Jonatan seun van Asael, en Jagseja seun van Tikwa was teen hierdie reëling gekant. Hulle het ook van Mesullam en die Leviet Sabbetai steun gekry.

16. Die teruggekeerde ballinge het toe so gemaak. Esra het as priester manne uit die familiehoofde gekies en hulle name opgeskryf. Hulle het op 29 Desember bymekaargekom en die sake begin aanhoor.

17. Eers op 27 Maart van die volgende jaar het hulle met al die gevalle van mans wat met heidense vroue getrou het, klaargemaak.

18. Hier volg die lys van priesters wat met heidense vroue getrou het: Uit die familie van Jesua seun van Josadak en sy ampsgenote, was daar Maäseja, Eliëser, Jarib en Gedalja.

19. Hulle het onderneem om van hulle vroue te skei en het ’n ram as versoeningsoffer vir hulle misdaad teen God geoffer.

20. Uit die familie van Immer: Ganani en Sebadja.

21. Uit die familie van Garim: Maäseja, Elia, Semaja, Jegiël en Usija.

22. Uit die familie van Pasgur: Eljoënai, Maäseja, Ismael, Netanel, Josabad en Elasa.

Esra 10