Esegiël 45:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Wanneer julle die land tussen die stamme van Israel verdeel, moet julle ’n deel vir die Here opsy sit. Dis sy heilige deel. Dit moet dertien en ’n half kilometer lank en tien en ’n half kilometer breed wees. Die hele gedeelte sal heilig wees.

2. “’n Deel hiervan, 250 meter in die vierkant, moet vir die heiligdom opsy gesit word. ’n Oop strook van 25 meter rondom moet leeg bly.

3. Binne die groter heilige area moet julle ’n stuk afmeet van twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed. Die heiligdom met die Allerheiligste moet daarop staan.

4. Hierdie gebied is gewyde gebied in die land, eenkant gesit vir die priesters wat in die heiligdom die Here bedien. Hulle kan dit gebruik vir hulle huise, en my tempel sal ook daar wees.

5. Die gedeelte langsaan, naamlik twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed, is die leefarea van die Leviete wat in die tempel werk. Dit is hulle eiendom en ’n plek vir hulle dorpe.

Esegiël 45