18. Hy het vir my gesê: “Mensekind, so sê die oppermagtige Here: Hier is die bepalings oor die bring van offers op die altaar en die sprinkel van bloed wanneer die altaar gebou is.
19. Daardie dag moet vir die Levitiese priesters uit die nageslag van Sadok ’n bul gegee word as ’n sonde-offer. Net hulle mag voor My diens verrig, sê die oppermagtige Here.
20. Jy moet dan van sy bloed vat en dit aan die vier horings en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar smeer, en ook teen die sykante rondom. Op hierdie manier moet die altaar gereinig word sodat dit versoening kan bring.
21. Dan moet jy die sonde-offerbul neem en dit op die aangewese plek buite die tempelarea verbrand.