Esegiël 40:43-49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

43. Hier was hake, elkeen agt sentimeter lank, wat aan die voorportaal se muur vas is. Die offervleis is op die tafels neergesit.

44. Binne die binneste voorhof was daar twee geboue met vertrekke vir die sangers, een teen die noordelike ingang wat suid kyk en die ander teen die oostelike ingang wat noord kyk.

45. Die man sê toe vir my: “Die gebou langs die noordelike binneste ingang is vir die priesters wat in die tempel werk.

46. Die vertrek langs die suidelike binne ingang is vir die priesters, die nageslag van Sadok, wat by die altaar diens doen. Net hulle alleen van al die Leviete mag voor die altaar kom om die diens aan die Here te verrig.”

47. Die man het die binneste voorhof gemeet en dit was 50 vierkante meter. Die altaar het daar in die hof voor die tempel gestaan.

48. Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring. Hy het die pilare gemeet wat die struktuur ondersteun, en dit was twee en ’n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en ’n half meter breed aan weerskante.

49. Die portaal was tien meter lank en ses meter breed. Tien trappe het na die ingang gelei. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.

Esegiël 40