22. Ek verenig hulle tot een nasie in die land, op die berge van Israel. Een koning sal oor almal regeer. Hulle sal nie meer in twee nasies en twee koninkryke verdeel wees nie.
23. Hulle sal ook nie meer hulleself met hulle afskuwelike afgode en sondes besoedel nie, want Ek sal hulle bevry uit die plekke waar hulle gesondig het, en hulle skoonmaak. Dan sal hulle my volk wees, en Ek sal hulle God wees.
24. “My dienaar Dawid sal hulle koning wees, en hulle sal net een herder hê. Hulle sal my bepalings gehoorsaam en my bevele onderhou.
25. Hulle sal in die land leef wat ek vir hulle voorouer Jakob gegee het, die land waar julle pa’s geleef het. Hulle en hulle kinders en hulle kleinkinders sal vir altyd daar leef. En my dienaar Dawid sal vir altyd hulle leier wees.
26. Ek maak ’n ooreenkoms van vrede met hulle. Die ooreenkoms sal altyd geld. Ek gee hulle die land en maak hulle baie. Ek plaas my woonplek tussen hulle vir altyd.
27. My blyplek sal tussen hulle wees. Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.
28. Dan, wanneer my blyplek tussen hulle is, sal die nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir myself eenkant gesit het as ’n heilige volk.”