Esegiël 37:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het my in besit geneem, en die Gees van die Here het my weggeneem na ’n vallei vol bene.

2. Hy het my tussen die ou, droë bene wat op die valleivloer lê, rondgelei. Hulle het oral op die grond gelê.

3. Toe vra Hy: “Mensekind, kan hierdie bene weer lewende mense word?”“Oppermagtige Here, U alleen ken die antwoord,” het ek gesê.

4. Hy sê toe vir my: “Profeteer vir hierdie bene en sê: ‘Droë bene, luister na die woord van die Here!

5. So sê die oppermagtige Here: Kyk, Ek gaan in julle blaas en julle weer lewend maak!

6. Ek sit vleis en spiere om julle en maak julle toe met vel. Ek sit asem in julle en julle sal lewend word. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.’”

Esegiël 37