Esegiël 33:28-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Ek vernietig die land en die mense se trots. Hulle mag sal gebreek word. Israel se berge sal verlate lê. Niemand sal daaroor trek nie.

29. Die dag as Ek die land verwoes het oor hulle walglike dade, sal hulle weet dat Ek die Here is.

30. “Mensekind, jou mense praat agter jou rug. Hulle praat oor jou in hulle huise en by hulle deure. Hulle sê: ‘Kom, laat ons gekskeer! Kom ons gaan hoor wat die profeet ons vertel wat die Here sê!’

31. Hulle kom en luister ewe vroom na jou prediking, maar hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Met hulle monde bely hulle liefde, maar hulle harte is net agter geld aan.

Esegiël 33