13. Ek vernietig ook al jou vee wat by die water wei. Die water sal nie meer vertroebel worddeur mensevoete of pote van vee nie.
14. Ek maak die water van Egiptehelder, en dit sal rustig vloei soos olyfolie, sê die oppermagtige Here.
15. “Wanneer Ek Egipte vernietig en alles uitwis en al sy mense doodmaak,sal julle besef Ek is die Here.
16. Dít is die begrafnislied wat hulle dan vir Egipte sal sing, die vroue van ander nasies wat oor Egipte en sy mense sing. So sê die oppermagtige Here.”
17. Op 17 Maart, in die twaalfde jaar, het ek nog ’n boodskap van die Here gekry:
18. “Mensekind, treur oor die mensevan Egipte, want saam met sterk nasiesstuur Ek hulle na die onderwêreld, om in die graf te lê.
19. Sê vir hulle: ‘Egipte, is jy beter as die ander nasies? Gaan af en gaan lê tussen die onbesnedenes!’
20. Hulle sal omkom saam met anderwat deur die swaard gesneuwel het, want die swaard is reeds uitgetrek. Laat Egipte en al sy menigtes weggesleep word.
21. Vanuit die graf spot die magtige leiers vir Egipte en sy bondgenote: ‘Hulle het neergedaal na die grafen lê nou by die onbesnedenes,by die slagoffers van die swaard!’
22. “Assirië lê daar, omring met grafte van al sy mense, almal slagoffers van die swaard.
23. Hulle grafte is diep in die doderyk, omring deur hulle bondgenote. Lank tevore het hulle oral angs in mense gewek, maar nou het hulle vyande hulle doodgemaak.
24. “Elam en al sy menigtes is daar met sy mense rondom sy graf, almal deur die swaard getref. Hulle wat onder die lewendes paniek gesaai het,het onbesnede na die doderyk gegaan. Hulle dra die vernedering saam met dié wat in die graf is.
25. Hy lê tussen dié wat dood is, tussen die grafte van sy krygers. Almal is onbesnede,omgebring deur die swaard.Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes, maar lê nou verneder in die graf saam met dié wat omgekom het.
26. “Mesek en Tubal is daar, omring deur die grafte van hulle menigtes, almal onbesnede slagoffersvan die swaard, want hulle het paniek gesaai onder lewendes in die land.